Groothertogin Olga Nikolajewna van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Nikolajewna en die van is Romanowa.

Olga Nikolajewna
Groothertogin Olga Nikolajewna, c. 1914.
Gebore
Olga Nikolajewna Romanowa
(Ольга Николаевна Романова)

(1895-11-15)15 November 1895
Sterf17 Julie 1918 (op 22)
NasionaliteitRussies
TitelGroothertogin
Ouer(s)Nikolaas II van Rusland
Aleksandra Fjodorowna

Groothertogin Olga Nikolajewna van Rusland (Olga Nikolajewna Romanowa; Russies: Великая княжна Ольга Николаевна, Welikaja knjazjna Olga Nikolajewna; 15 November [O.S. 3 November] 1895 – 17 Julie 1918) was die oudste dogter van die laaste tsaar, Nikolaas II van Rusland, en sy vrou, Aleksandra Fjodorowna.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Olga gewonde soldate in ’n militêre hospitaal versorg totdat haar senuwees ingegee het; daarna het sy administratiewe werk by die hospitaal gedoen.

Olga se teregstelling in 1918 in Jekaterinburg saam met die res van haar gesin het daartoe gelei dat sy saam met hulle as heiliges van die Russies-Ortodokse Kerk verklaar is. Sy is in 1998 in die Katedraal van Petrus en Paulus in Sint Petersburg begrawe saam met haar ouers en twee van haar susters.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search